Nb Publishers

Tafelberg-boekgesprek: Jean Meiring in gesprek met Ben Viljoen oor Die vloek van Levitikus

Informações:

Synopsis

In hierdie episode van NB-Uitgewers se podsending voer Jean Meiring 'n uiters interessante onderhoud met skrywer Ben Viljoen. Die vloek van Levitikus is Ben Viljoen se derde roman, voorafgegaan deur ’n Nuwe Wildernis (2013) en ’n Ballade vir Nkunzi (2020). Waaroor gaan Die vloek van Levitikus? Die wêreld van die gemarginaliseerde is ’n eensame plek, sou Jakkie Duvenhage spoedig ontdek. Die bewuswording van sy ‘andersheid’ dompel hom in ’n lewe wat wipplank ry van skoonheidstitels en aanvaarding tot skokterapie en huisgeweld. Deurentyd voel hy die druk van staande te probeer bly teen die sosiale diskriminasie wat sy lewenswyse ontlok. “Ons wil graag glo dat ons in ’n verligte era leef, een van verdraagsaamheid en begrip, maar dis nie waar nie. Die mensdom verbrand nog steeds hul hekse.” Só som een van sy lewensgeselle die realiteit van Jakkie se bestaan vir hom op. Deur dit alles bly die liefde van sy ma hom deurdra. Maar wanneer hy by ’n reeks sinistere moorde betrek word, word nie net die grense van daardi