Nb Publishers

Lux Verbi-boekgesprek: Morné Mundey gesels met Barend Vos oor Rut en Boas

Informações:

Synopsis

Morné Mundey van Radio Helderberg gesels met die skrywer Barend Vos oor sy roman, Rut en Boas. Dr. Barend Vos is ’n bekroonde Christenskrywer en predikant. Waarom het Barend Vos hierdie Bybelverhaal gekies vir sy roman? Waaroor gaan Rut en Boas? Rut is 'n jong weduwee. Wanneer haar skoonma Naomi ─ self ook 'n weduwee ─ wil teruggaan na Betlehem waar sy vandaan kom, volg Rut haar. In Betlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab ─ dié Ragab wat 'n rooi tou uit Jerigo se muur laat hang het. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar empatie met die prostitute buite Betlehem se poorte gee. Oor alles heen waak die oudstes met hulle eie agendas, dikwels selfverryking of onregmatige bevoordeling. Hieruit triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en 'n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare ménse maak. Bestel Rut en Boas: 'n liefdesverhaal deur Barend Vos by goeie boek- en aanlyn