Nb Publishers

Human&Rousseau-boekgesprek: Jonathan Amid gesels met Elrien Scheepers oor Donkerbloed

Informações:

Synopsis

In hierdie episode gesels Jonathan Amid met Elrien Scheepers oor haar jeugroman, Donkerbloed. Waaroor gaan dit? Dit is die jaar 2045 in die stad Etswagoli. Sybella ondersoek die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk wanneer haar pad kruis met Yala, ’n onwettige hokvegter. Maar waarom is die kuborg, Cedric Morton, op haar spoor en wat is sy verbintenis met Lilith Rox, die direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite? Haar vriend Jax is veronderstel om haar te help soek, maar skielik verdwyn hy ook spoorloos . . . Die polisie stel lankal nie meer belang om uit te vind wat regtig daardie middag gebeur het nie. Maar Sybella móét net weet. Wanneer sy Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by nóg donker geheime. Watter prys sal sy vir die waarheid moet betaal? Bestel Donkerbloed deur Elrien Scheepers by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook beskikbaar as e-boek. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/en/view-bo