Nb Publishers

Kwela-boekgesprek: Cintaine Schutte gesels met Zelda Bezuidenhout oor Die waarde van stil bure

Informações:

Synopsis

In hierdie episode gesels die gewilde skrywer Zelda Bezuidenhout met aktrise Cintaine Schutte. Zelda Bezuidenhout is ’n skrywer van jeugverhale, kortverhale, radiodramas, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie. Haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom, het in 2019 by Kwela Boeke verskyn. Haar jeugverhaal As mens geluk kon proe is in 2017 as naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie bekroon. In 2019 is sy naaswenner in RSG se radiodramakompetisie met die hoorspel As ‘n kind kom kuier en in 2020 behaal sy en haar medeskrywer Lunéll Kruger die eerste plek in Netwerk24 se luisterdramakompetisie met Koppelkat. Sy woon op Parys in die Vrystaat. Haar jongste roman, Die waarde van stil bure, is nou beskikbaar! Meer oor Die waarde van stil bure: Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende ma