Nb Publishers

Human & Rousseau-boekgesprek: Dr Mia Oosthuizen gesels met De Wet Hugo oor sy kinderboeke

Informações:

Synopsis

In hierdie episode gesels die gewilde skrywer De Wet Hugo met die kinderboekspesialis Dr Mia Oosthuizen. De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as 'n dekade by 'n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Hy kom oorspronklik van 'n Bolandse wynplaas af, maar noem Kleinmond deesdae sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gelewer tot bundels soos Rympies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf , Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is 'n riller. Sy topverkoper-reekse, Grilgrypers en Kies-jou-avontuur, is uiters gewild onder jongmense. Hierdie episode is opgeneem tydens ‘n Graffiti Aanlynkuier in Julie 2021. Bestel De Wet Hugo se boeke hier by Graffiti Boeke se aanlynwinkel: https://www.graffitiboeke.co.za/af/a/Soek/0/date_publish%20DESC/De%20Wet%20Hugo Musiek: “Humbug” deur Crowander (https://freemusicarchive.org/music/crowander/from-the-piano-solo-piano/humbug)