Nb Publishers

Human & Rousseau-boekgesprek: Truïse Prinsloo gesels met Helene de Kock oor Elisabet se oorlog

Informações:

Synopsis

In hierdie episode gesels Truïse Prinsloo, senior fiksieredakteur by Human & Rousseau, met Helene de Kock oor haar jongste roman, Elisabet se oorlog. Hulle gesels ook oor haar vorige boeke, skryfwenke en meer. Oor Elisabet se oorlog: Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde Londen vryheid en onvoorwaardelike liefde vind? Helene de Kock op haar beste. Bestel dit by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook beskikbaar as 'n e-boek. Musiek: "Melody Intro" deur Alena Smirnova (https://freemusicarchive.org/music/alena-smirnova/musical-menu/melody-intromp3)