Nb Publishers

Uittreksel 1 uit Die Dao van Daan van der Walt

Informações:

Synopsis

Luister Nic de Jager, die bekende RSG-omroeper, se voorlesing uit Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk C. du Plessis (skuilnaam). In dié verrassende en vermaaklike debuutroman stap ‘n amper sewentigjarige ligvoets maar ook met gravitas deur die mynvelde van seks, liefde, godsdiens en ‘n vader-en-seun-verhouding in ‘n Westerse teenoor Oosterse verstaan van die wêreld. Die teenswoordige word deursny met ‘n dieper skoue vanuit die antieke wêreld van Mesopotamië, Griekeland en Rome, met veral die Gilgamesj-epos as begeleidende verhaal. Daan wil voor die ouderdom dit onmoontlik maak nog ‘n keer gaan vlerksleep en skryf ‘n paar vrybriewe via die Landbouweekblad se “Opsitkers”-rubriek. Maar die gode, almal ou kennisse van die innemende karakter, het ander planne met hom. Sy ontmoeting met ‘n jong man, verraderlik komies beskryf, stel hom regstreeks op teen sy eie gewete, die problematiese liefdeslewe met sy oorlede vrou en die religio-sosiale orde waaruit hy kom. Dié pakkende en ontroerende verhaal, deurenty