Nb Publishers

Uittreksel 2 uit Die Dao van Daan van der Walt

Informações:

Synopsis

Luister Nic de Jager, die bekende RSG-omroeper, se voorlesing uit Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk C. du Plessis (skuilnaam). Daan van der Walt, Kalahari-boer, se vrou is in die hemel. Hy wil by haar aansluit, maar nog nie dadelik nie. ‘n Man is nie ‘n klip nie, sê hy vir sy oorlede hond en ‘n óú man het hulp nodig as dit by vlerksleep kom. Met ‘n doktersvoorskrif is hy apteek toe om al te gou daarna uit te vind dat Viagra en die vrybriewe wat hy via die Landbouweekblad se “Opsitkers”-rubriek uitstuur, die begin is van ‘n reeks gebeure wat sy hele lewe op sy kop gaan keer. Hy gaan ontnugter en verneder word, van sy hoogtes tuimel, onverduurbare hartseer beleef, homself bespotlik maak en uit sy aardse paradys gedryf word - dalk ook uit die hemelse na hy deur die weduwee, You Mei van der Merwe, saamgesleep word China toe om haar gestorwe ouers in die onderwêreld te versorg en hy moet leer tai chi doen.