Nb Publishers

Human & Rousseau-boekgesprek: Nèlleke de Jager gesels met Jaco Fouché oor Simoelégri

Informações:

Synopsis

In hierdie episode gesels Nèlleke de Jager, uitgewer by Human & Rousseau, met Jaco Fouché oor sy jongste roman, Simoelégri ─ die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021. Die gesprek is oorspronklik op Netwerk24 uitgesaai. Oor hierdie boek: Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld. Aangrypend. 'n Hoogpunt in Fouché se oeuvre. Bestel Simoelégri deur Jaco Fouché by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Musiek: "Canyon" deur A.A. Aalto (https://freemusicarchive.org/music/A_A_Aalto/20190209155827787/Canyon)