Synopsis
ToekomsVenster is daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVDs en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Episodes
-
ToekomsVenster | Die Bybel is 'n skatkis van genade
09/02/2026 Duration: 03minMag jy ook die omvattende sorg, leiding en beskerming van die goeie Herder geniet.
-
ToekomsVenster | Meer as net ʼn fopspeen
02/02/2026 Duration: 03minJesus nooi jou uit om by Hom te kom “koop”, gratis en verniet, die brood en die melk van die lewe wat werklik versadig.
-
ToekomsVenster | Die kuns van gesond word
02/02/2026 Duration: 03minDié belofte staan vas: jy sal gesond word!
-
ToekomsVenster | Die onsigbare Hand aan die deur
02/02/2026 Duration: 04minGod het nie opgegee met hierdie wêreld nie en sal dit ook nooit doen nie.
-
ToekomsVenster | Wanneer jou ‘horlosie’ gaan staan
02/02/2026 Duration: 03minDie vraag is vandag: Wanneer het jou “horlosie” gaan staan? Wanneer het jou ware menswees opgehou om vorentoe te beweeg?
-
ToekomsVenster | Om met God rekening te hou
02/02/2026 Duration: 03minDié gedeelte in 1 Samuel verseker ons daar kom ʼn dag van afrekening vir elkeen wat nie met God rekening hou nie.
-
ToekomsVenster | Jesus is die brug na oorvloedige lewe
26/01/2026 Duration: 05minWat wegspoel, maak soms plek vir iets dieper en nuuts.
-
ToekomsVenster | Jou naam in die Boek van die Lewe
26/01/2026 Duration: 05minDie vraag is nie of jy goed genoeg is nie, maar of jy Hom ken.
-
ToekomsVenster | Ware leierskap begin by diens
26/01/2026 Duration: 05minBid vir die leiers van die wêreld. Mag ons waar ons leef en werk, die styl van die Koninkryk uitleef: sag, nederig, wys en met waarheid.
-
ToekomsVenster | Nederigheid wat eer bring
26/01/2026 Duration: 04minWare krag lê nie in vernedering van ander nie, maar in nederigheid.
-
ToekomsVenster | Jou woorde sê iets van jou karakter
26/01/2026 Duration: 05minKommunikasie kan brûe of mure bou en die verskil lê in liefde.
-
ToekomsVenster | Geloof wat voed
22/01/2026 Duration: 05minAs gelowiges kan ons nie wegkyk van honger nie. Christus se Gees roep jou tot medelye, geregtigheid en dade van genade.
-
ToekomsVenster | Mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo jy kan ʼn verskil maak
22/01/2026 Duration: 04minMoenie huiwer nie. As God gepraat het, stap die pad saam met Hom.
-
ToekomsVenster | Heiligheid versier God se huis, ook vandag
21/01/2026 Duration: 04minDie kerk se roeping is nie om sonde te ignoreer nie, maar om gelowiges te begelei op ʼn pad van heiligmaking en groei in Christus.
-
ToekomsVenster | Tussen teleurstelling en toewyding
20/01/2026 Duration: 04minDie kerk kan diep seermaak, maar bly ook ʼn plek van roeping en gemeenskap. Hoe hou ons vas aan geloof sonder om seer te ontken?
-
ToekomsVenster | Gister en vandag
19/01/2026 Duration: 05minDie Bybel sê elke dag het genoeg van sy eie uitdagings. Jy maak jou moeg en moedeloos as jy voortdurend in gister of môre leef.
-
ToekomsVenster | 2026 vra helder besluite
12/01/2026 Duration: 04minʼn Nuwe begin is dikwels soos ʼn pad wat na links of regs uitswenk. ʼn Nuwe begin is ʼn tyd om nuut te besin.
-
ToekomsVenster | God wag vir jou eerste tree
12/01/2026 Duration: 04minDie belofte en die Beloofde Land wag. Moenie dit misloop nie. Sit jou voete in die water.
-
ToekomsVenster | Geloof eerder as vrees
12/01/2026 Duration: 04minTog het hierdie generasie – die Josua-generasie – ʼn besluit geneem: “Ons gaan nie terug woestyn toe nie”.
-
ToekomsVenster | Vertrou God vir wat voorlê
12/01/2026 Duration: 04minDie Beloofde Land, God se nuwe dag, roep na jou en wat jy wel weet, is dat God reeds daar is.