Synopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodes
-
‘Groot voorreg’ vir Skryf’it-wenner wat nou beoordelaar is
29/05/2026 Duration: 11min“Ek het baie mense aangemoedig om vir vanjaar se kompetisie in te skryf, juis omdat die ervaring vir my so waardevol was.” Maroela Media
-
SkoolSlim | Skoolgereedheid gaan oor meer as ouderdom
28/05/2026 Duration: 13minJou kind kan dalk al tot 100 tel, maar is hy of sy emosioneel gereed vir die eerste jaar van ʼn skoolloopbaan? Maroela Media
-
Aanbiddingsfees eersdaags gevier
26/05/2026 Duration: 13min“Elke keer wat ons vir die Here sing, elke keer wat ons ons fokus rig na die troon, sit ons ʼn hemelse kultuur hier op aarde. En soveel te meer in ons eie taal.” Maroela Media
-
Hoe raak aftrede jou huwelik?
21/05/2026 Duration: 10min“Dis ʼn goeie idee om, voordat julle aftree, behoorlik te gesels oor wat elkeen se verwagtings oor aftrede is, want daar is ʼn groot kans dat die idees nie met mekaar strook nie. Deur dit te bespreek, kan albei se behoeftes in ag geneem word en verseker word dat die paartjie konstruktief besig bly.” Maroela Media
-
Hoe kies ek ʼn skool vir my outistiese kind?
21/05/2026 Duration: 22minOm die regte skool vir ʼn kind op die outismespektrum te kry, kan ʼn reuse-uitdaging wees as ʼn ouer nie weet waar om te begin nie, sê prof. Suzanne Bester. Maroela Media
-
‘Vir weer’: Christia Visser se digbundel rou, eerlik
20/05/2026 Duration: 09minChristia Visser het haar jongste digbundel, “Vir weer”, geskryf terwyl sy deur ʼn egskeiding gegaan het. Sy probeer sin maak van verlies, verandering en van voor af begin, en met die digitale bundel deel sy haar “rouste vorm” met luisteraars. Maroela Media
-
Wanneer een ouer tuisbly: die risiko vir huwelike
14/05/2026 Duration: 09minDie besluit dat een ouer tuisbly om kinders groot te maak, klink vir baie gesinne na die ideale oplossing. Huweliksberader Louise Ehlers waarsku egter dat dié reëling dikwels onbedoelde druk op ʼn huwelik kan plaas. Maroela Media
-
SkoolSlim | Kwytskelding, skoolgeld en finansiële druk op Afrikaanse skole
08/05/2026 Duration: 10minSkoolgeld bly vir baie Afrikaanse skole die verskil tussen oorlewing en agteruitgang. Tog verstaan ouers nie altyd hoe afhanklik openbare skole van dié inkomste geword het nie. Dít is die fokus van die jongste episode van die #SkoolSlim-podsending waarin dr. Leandie Bräsler van die Skoleondersteuningsentrum met Carl van Rooyen, prokureur en beheerliggaamvoorsitter, gesels oor skoolgeld, kwytskelding en ouerverantwoordelikheid. Maroela Media
-
SkoolSlim | Hoe bly goeie skole finansieel staande?
06/05/2026 Duration: 13minAfrikaanse skole staan onder toenemende finansiële en regulatoriese druk, terwyl staatssteun afneem en administratiewe vereistes toeneem. In dié episode van "SkoolSlim" gesels dr. Leandie Bräsler met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum, oor waarom langtermyn finansiële beplanning noodsaaklik geword het vir skole wat volhoubaar wil bly. Maroela Media
-
Brug na hoop: Projek gee kinders nuwe kans
30/04/2026 Duration: 04min“By ‘Bemagtig ʼn kind’ bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.” Maroela Media
-
Kan ʼn huwelik herstel ná ʼn buite-egtelike verhouding?
29/04/2026 Duration: 10min“Die moeilikste deel van die proses is om te vergewe en weer vertroue op te bou. Absolute eerlikheid van albei se kant af is ook nodig vir die herstelproses.” Maroela Media
-
Afrikaanse toppresteerders skitter in SOS se nuwe nasionale ranglys
28/04/2026 Duration: 10minAgter elke matriekpunt skuil ʼn storie van harde werk. Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die erkenning vir die land se top- Afrikaanse matrikulante en uitvind wat hul sukses vir skole en gemeenskappe beteken Maroela Media
-
‘Help, graad 4 is hier!’
24/04/2026 Duration: 22min“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
-
Uitmekaardryf nie einde van huwelik, meen kenner
24/04/2026 Duration: 06minAlle huwelikspare loop die gevaar om mettertyd uitmekaar te dryf, maar volgens ʼn huweliksberader kan dit oorkom word, mits iets ergers nie plaasgevind het nie. Maroela Media
-
Dirk wys dieper kant met nuwe snit
24/04/2026 Duration: 07min“Ek wil deur die liedjie die hoop bring dat mense in ʼn soortgelyke situasie iemand sal vind wat daardie seer deur liefhê sal laat verdwyn. Ek het nie weer iemand gekry nie, maar ek het dit in God gevind.” Maroela Media
-
‘Kweek van kleins af ʼn lesertjie’
23/04/2026 Duration: 23minMaroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak. Maroela Media
-
Hettie en Louis Brittz gee hoop vir gesinne in haastige wêreld
02/04/2026 Duration: 13min“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik en ouerskap stap, is in Mei terug in Suid-Afrika met nuwe boeke en ʼn vars boodskap van hoop vir elke gesin. Maroela Media
-
Nuwe vryheid as mens, kunstenaar inspireer Elandré
02/04/2026 Duration: 16min“Ek dink ek is dit aan die mense verskuldig om myself so elke nou en dan ongemaklik te maak. Dit maak ʼn mens beter.” Maroela Media
-
Marno speel sonder huiwering met klanke, lirieke
30/03/2026 Duration: 15min“Ek hou van die liedjie, want dit klink anders as wat ek nou skryf. Ek weet nie eers of ek nog só skryf nie. Dit is ʼn hele ander styl.” Maroela Media
-
HelpJag | Bakkies Botha, sportlegendes slaan kolhou vir kosprojek
25/03/2026 Duration: 32sKom luister hier hoe Margolé Riekert, hoof van Solidariteit Helpende Hand se projekte, die hart agter HelpJag verduidelik. Maroela Media