Synopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodes
-
Luister | TV-rol verdiep akteur se eie reis met ADHD
19/03/2026 Duration: 36minWaar hy verlede jaar kykers laat bloos het as ʼn sagmoedige spiertier in “Khaki Fever”, hoop die akteur Abel Knobel om nou met sy nuwe rol harte te raak en moontlik groter bewustheid oor AGHS onder volwassenes te skep. Maroela Media
-
Afghaanse vrou: ‘Ek het die God gevind wat my raaksien’
13/03/2026 Duration: 15minHaar man is geskiet, haar vriende het haar heeltemal verstoot en sy moes met ʼn baba uit Afghanistan vlug. Tog sê Zakie* sy het in haar donkerste oomblikke “die God gevind wat my raaksien”. Haar verhaal werp lig op die werklikheid van miljoene Christen-vroue wat wêreldwyd vir hul geloof vervolg word. Maroela Media
-
Alternatiewe kunstenaar bring hulde aan rolmodel
02/03/2026 Duration: 05min“Riku het ʼn baie spesiale plek in my hart, en dit was vir my belangrik om hom deur die liedjie te vereer.” Maroela Media
-
Sielkundige fenomeen inspireer sanger
27/02/2026 Duration: 15min“Ek hoop dat ek deur die liedjie mense sal kan bewus maak van die seer wat hulle ervaar, en dat dit dalk tot die besluit sal lei dat hulle met iemand sal gaan praat en genesing soek.” Maroela Media
-
Vrouegroep samel geld in vir individue in nood
23/02/2026 Duration: 08min“Ons wou ʼn gemaklike, glansryke platform skep waar vroue van verskillende ouderdomsgroepe bymekaar kan kom, ʼn heerlike tyd kan hê en terselfdertyd ʼn verskil kan maak.” Maroela Media
-
Leah leef teaterdroom in nuwe musiekvideo
23/02/2026 Duration: 08min“Ek wou nog altyd ʼn musiekvideo in ʼn teater skiet.” Maroela Media
-
Dié stoele se stories moet vertel word
19/02/2026 Duration: 16minSy het al bykans duisend Transvaalse meubelstukke opgespoor, maar glo daar is nog juwele wat ontdek moet word. Maroela Media
-
Musikant Dani Villé skryf eerlik oor vriendskap
16/02/2026 Duration: 06min“Met ʼn terugblik op die vriendskap het ek egter besef dat sy eintlik baie selfbewus was, en dit het vir my voorgekom asof sy baie omgegee het vir haar beeld en met wie sy vriende was.” Maroela Media
-
Pa-en-dogter-liefde inspireer Prop se nuwe treffer
13/02/2026 Duration: 08min“Ek het dit aanvanklik as ʼn liefdesbrief aan my dogter geskryf.” Maroela Media
-
Duo sing vir broodwinners in buiteland
12/02/2026 Duration: 07min“Ons land is in ʼn situasie waar boere oorsee moet gaan werk om te oorleef, terwyl dit dalk nooit die plan was nie.” Maroela Media
-
Liefdesliedjie op skrywerskamp gebore
09/02/2026 Duration: 09min“Alles vir ʼn oomblik” is nie jou deursnee-liefdesliedjie nie, aangesien dit ʼn mengsel van angstigheid en positiwiteit oor die liefde bevat. Maroela Media
-
Sangersvriende sing oor Groot Trek
06/02/2026 Duration: 08min“Ek weet nie of kinders nog baie oor die Groot Trek op skool leer nie, so kom ons sing daaroor.” Maroela Media
-
Jakkie Louw wil vir jou kinders stories vertel
06/02/2026 Duration: 08min“Daar is te min nuwe Afrikaanse stories vir kinders. Ek het ʼn lekker klomp stories wat nooit gaan opraak nie.” Maroela Media
-
Jo Black gaan HelpJag om kinders te voed
04/02/2026 Duration: 08min“Ons almal wil iets goeds doen, almal wil ʼn verskil maak. Daar is drie goed wat jy kan gee: iets, jou tyd of geld.” Maroela Media
-
Almero betower weer met ‘Een keer om die son’-klankbaan
04/02/2026 Duration: 12min“Wat my hierdie keer veral opgewonde maak, is dat die tweede seisoen meer ligte oomblikke, maar ook genoeg donker oomblikke bevat.” Maroela Media
-
Twee dekades later: Deon Groot oor musiek, inspirasie en ‘Seisoene’
03/02/2026 Duration: 14minDeon gesels met Mizanne van Wyk in Maroela Media se ateljee oor sy nuwe album, die duur lesse wat hy in sy loopbaan geleer het en waaruit hy sy inspirasie put. Maroela Media
-
Musiekduo HKJK sing van Bosveld-vryheid
02/02/2026 Duration: 05min“‘Bosveldnooi’ het ʼn Appel- Afrikaanse musiekgevoel. Dit is ʼn kommersiële Afrikaanse liedjie met ʼn kinkel. Daar is eintlik net een manier om dit te beskryf, en dit is HKJK.” Maroela Media
-
Potchefstroomse duo volg in Die Piesangskille se spore
28/01/2026 Duration: 13minDie duo verwys na hul aande van musiekmaak op die plot as “stam-aande”, en dis hoeka by een van hierdie sessies wat Johan, Zander en Die Heuwels Fantasties saam aan “Middel van die nag” geskryf het. Maroela Media
-
Hoop, genesing en tweede kanse in ‘EKODS 2’
20/01/2026 Duration: 28min“Die plan en droom van die begin af, was om die storie verder te vertel. Ons het al in die skryfproses vir die eerste seisoen storielyne vir ʼn tweede reeks gehad en dit het sommer vinnig ʼn lewe van sy eie gekry.” Maroela Media
-
Nuweling droom van enkelpad in musiekbedryf
20/01/2026 Duration: 04min“Musiek is definitief my grootste passie en iets waarvoor ek baie lief is. Ek beplan beslis nie om op te hou met musiek wanneer ek klaar is met skool nie.” Maroela Media