Nb Publishers

Informações:

Synopsis

Podcast by NB Publishers

Episodes

  • Erns Grundling gesels oor Japan en sy boek Sushi en shosholoza

    23/03/2020 Duration: 57min

    In 2018 reis Erns Grundling om ’n nuwe Elders-reeks te verfilm, dié slag oor die land van die opkomende son, Japan – ook die plek waar die Rugbywêreldbeker 2019 sou plaasvind. Luister hier na Johann Symington (pas terug ná 6 jaar van predikant-wees in Japan!) se gesprek met Erns by die Toyota US Woordfees 2020. Sushi en shosholoza is Erns Grundling se verslag van soesji op ’n rugbypawiljoen, ’n onverwagse ontmoeting met oud-All Black Dan Carter, kuier in ’n katkafee en staptogte in ’n bra vreemde wêreld vir ’n outjie van Uitenhage. Bestel Sushi en shosholoza by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer oor die boek: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802102

  • Dana Snyman gesels oor Soekmekaar

    19/03/2020 Duration: 47min

    Luister hier na Johannes de Villiers se gesprek met Dana Snyman by Toyota US Woordfees 2020. Dana Snyman se boek Soekmekaar kan by jou naaste boekwinkel of aanlyn bestel word: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624088660 Soekmekaar is ’n stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n 40ste skoolreünie, van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche tot die Bogosi-gesin wat by hom gewoon het op Jacobsbaai. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in ons land; hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Johannes de Villiers, skrywer van Kalmte in die malle gejaag en Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe, vra hom uit.

  • Eusebius McKaizer speaks to Moe Shaik about The ANC Spy Bible

    12/03/2020 Duration: 26min

    Eusebius McKaiser speaks to Moe Shaik about his new book, The ANC Spy Bible: Surviving across enemy lines. Catch the riveting conversation from the book launch here. The Bible Project, a project led in the 80's by former state security boss, Moe Shaik, has had mixed reception. In this memoir, Shaik finally tells his side of the story. Describing his relationship with The Nightingale, a Special Branch officer turned rogue who provided information to the underground, Shaik takes the reader on a thrilling ride navigating the most turbulent and uncertain parts of South Africa's late apartheid and transition past. More information available here: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624088967

  • Madré Marais lees voor uit Luistervink

    06/03/2020 Duration: 02min

    Die skrywer Madré Marais lees 'n verhaal voor uit haar versameling kortverhale, Luistervink. Luistervink is 'n verrassende kortverhaaldebuut deur 'n jong skrywer van Bloemfontein. Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral t.o.v. karakter en perspektief. Hoogtepunte sluit in “Brandoffer” (briewe aan 'n ma), “Sinker” (oor 'n seun wat op die rand van 'n damwal huiwer) en “Driehonderd-vyf-en-sestig en 'n kwart” oor 'n jong vrou en man wat in die bad lê en oor die lewe tob. Die bundel word baie hoog aangeskryf deur lesers. Bestel Luistervink by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer besonderhede: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180887

  • NB Skrywerspartytjie/Authors' Party 2020 Cape Town

    28/02/2020 Duration: 14min

    Speeches made at the 2020 NB Publishers Authors' Party in Cape Town by Marga Stoffer (Publishing Manager), Eloise Wessels (CEO of NB Publishers) and Melinda Ferguson whose imprint just joined NB Publishers in a joint venture.

  • Blydskap: Mindfulness-wenke vir 'n vreugdevolle lewe

    24/02/2020 Duration: 36min

    Ons het onlangs Johannes de Villiers se nuwe boek Blydskap: Mindfulness-wenke vir 'n vreugdevolle lewe by Exclusive Books in Stellenbosch bekend gestel. Al was daar geen elektrisiteit nie (dankie, Eskom!) het almal vol nuwe woema daar weggegaan! Bestel Blydskap deur Johannes de Villiers by jou naaste boekwinkel of aanlyn.

  • Gesprek met Etienne van Heerden oor sy nuwe roman

    03/12/2019 Duration: 01h09min

    Etienne Bloemhof gesels met Etienne van Heerden oor sy jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Meer oor die boek: Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is. Bestel Etienne van Heerden se splinternuwe roman by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624089216, R360).

  • John Maytham in conversation with Robert McBride & Bryan Rostron

    28/11/2019 Duration: 57min

    Missed it? Listen here as John Maytham discusses the new biography, Robert McBride: The Struggle Continues, with the subject of the book, Robert McBride, and the author, Bryan Rostron, at the Book Lounge in Cape Town. When Robert McBride was sentenced to death, he turned to the public gallery in court and said: ‘Freedom is just around the corner. I am leaving you at the corner – and you must take that corner to find freedom on the other side.’ As the guard moved in, he raised his fist and shouted: ‘The struggle continues till Babylon falls!’ It was 1987: the time of ‘total onslaught’. The trial of the MK unit that planted the Magoo's bomb on the Durban beachfront dominated the news but few knew the real facts of the brave young people who brought the armed struggle to KwaZulu-Natal. This is the remarkable story of McBride and his comrades: the substation sabotage spree, rescuing a compatriot from hospital and smuggling him to Botswana, the devastating Why Not and Magoo's car bomb that killed three women, the

  • Nic de Jager lees voor uit Jaco Kirsten se Nadraai

    29/10/2019 Duration: 13min

    Luister hier na Nic de Jager se voorlesing uit Nadraai deur Jaco Kirsten. Gister is dalk anders as wat jy onthou. Rocco de Witt is ’n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei ’n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies. Maar dan maak ’n ou weermagvriend uit die bloute sy opwagting en Rocco se bestaan word op sy kop gekeer. Want wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur toe hy ’n jong luitenant was? Hy is ernstig gewond tydens ’n operasie teen Swapo en het sy bewussyn verloor. Sedertdien kon hy nog nooit presies onthou wat dié voorval voorafgegaan het nie . . . Daardie herinneringe kom nou terug, met byna ondenkbare implikasies. En op ’n dag laat die buurman van Rocco se wegvlugplekkie in die Tankwa-Karoo hom boonop weet dat vreemde dinge dáár aan die gang is. Daar op die plaas Nadraai. Bestel Nadraai deur Jaco Kirsten by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087830, R290).

  • Nic de Jager lees voor uit Irma Venter se Sewe-en-veertig

    29/10/2019 Duration: 09min

    Luister hier na die ikoniese Nic de Jager se voorlesing uit Irma Venter se jongste spanningsroman, Sewe-en-veertig. Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op ’n koue wintersoggend wakker. Sy moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke gaan moet saam. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar op vrye voet is. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Bestel Sewe-en-veertig deur Irma Venter by jou naaste boekwinkel of aanlyn

  • Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak by die KykNET-Rapport-boekpryse 2019

    20/09/2019 Duration: 06min

    “Dit maak nie saak wat voor jou gebeur nie, jy kan jou hoogste vorm skep en jou hoogste vorm word. En jy kan dit doen deur jouself te wees en jou stories in jou eie stem te vertel. Jou ervaring maak saak. Jou lewe en jou perspektief is belangrik. So deel dit, asseblief.” Luister hier na Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak nadat sy boek Kinnes die 2019 KykNET-Rapport-filmprys gewen het.

  • Wat beteken dit om Afrikaans te wees?

    10/09/2019 Duration: 01h01min

    Luister hier na Elma Smit se gesprek met die skrywer van In my vel, Azille Coetzee. Met In my vel verken Azille dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ‘n verrassende, persoonlike manier. Dit is ‘n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, sowel as vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees. Bestel In my vel deur Azille Coetzee by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087298, R250).

  • Carla van der Spuy gesels oor Liefde Agter Tralies

    30/08/2019 Duration: 38min

    RSG se Lizelle De Bruin gesels met topverkoperskrywer Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies. In hierdie nuwe boek gesels Carla met mense wat liefde vind en aan die lewe hou, al is een of albei agter tralies. Sy gaan klop ook aan by kenners soos forensiese sielkundiges, en kyk na die motiewe en denke wat sulke verhoudings dryf. Hoekom raak mense passievol verlief op bewese misdadigers? Daar is paartjies wat van die buitengewone suksesverhale is, en selfs ’n vrou wat haar man, wat as pedofiel gevonnis is, bystaan. Daar is baie vrae wat opkom in verband met sulke verhoudings, en Carla bekyk hulle met insig en empatie. Bestel Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087007, Uitgewersprys R265).

  • Gesprek met die skrywers van Skarlakenkinders

    16/08/2019 Duration: 42min

    Conette le Roux, senior joernalis by LiG Tydskrif en Kerkbode, gesels met die medeskrywers van Skarlakenkinders ─ Nadine Blom en Anzil Kulsen. Luister hoe hulle gesels oor hul karakters, mensehandel en hoe elkeen van ons ons deel kan doen om slagoffers te help. Skarlakenkinders handel oor ses vroue van verskillende agtergronde wat saam op ’n plaas in die Sederberge beland. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om ’n groter krisis op te los. ’n Aksiebelaaide roman ’n Christelike agtergrond oor ’n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel. Bestel Skarlakenkinders by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780796321664, R220).

  • Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

    08/08/2019 Duration: 33min

    Wat gebeur as ’n skrywer (Debbie Loots) en ’n sielkundige (Abraham le Roux) op ’n bank sit en gesels oor haar karakters se issues? Luister hier na ’n gesprek oor Die boek van gelukkige eindes. Bestel Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780795802034, R265).

  • Adriaan Blom op Radio Helderberg

    12/07/2019 Duration: 15min

    Die dinamiese ma-en-seun-skryfspan agter Blits: Perlemoendiewe is terug met Blits 2: Operasie Hoërskool! Medeskrywer Adriaan Blom gesels met Radio Helderberg oor dié opwindende nuwe boek. In Blits 2 is Hannes en Zander in Graad 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap gaan ly onder al die druk van aanpas in die nuwe skool. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe 'n nuwe vriend hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig is Melkbosstrand die beste plek om te bly, want wat is nou beter as ’n lekker surf-sessie wanneer die lewe druk? Bestel Blits 2 deur Adriaan Blom en Nadine Blom by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624084075, Uitgewersprys R170).

  • Philip de Vos lees voor uit Die Nagbeer

    05/04/2019 Duration: 01min

    Philip de Vos lees voor uit sy pragtige rymvertaling van Die Nagbeer wat pas deur Human & Rousseau uitgegee is. Die Nagbeer se gunstelingkos is nagmerries, en as jy joune vir hom los, sal hy dit vinnig afsluk. Dié lieflike prenteboek is perfek vir voorlees, veral vir kinders wat sukkel met nagmerries, of om aan die slaap te raak. Die rymvertaling sorg vir ’n lekker-lees-ervaring en die instruksies vir jou eie Nagbeer-wegneemboks maak dit nog meer spesiaal! Bestel Die Nagbeer by jou naaste boekwinkel of aanlyn. ISBN: 9780798178723 Uitgewersprys: R160,00

  • A Reading from The Blacksmith and the Dragonfly

    22/03/2019 Duration: 02min

    Co-author, Charles Siboto, reads from The Blacksmith and the Dragonfly. Want to read the rest of this magical and original fairy tale? The Blacksmith and the Dragonfly by Riana Louw & Charles Siboto (Illustrated by Christelle Lambrechts) can be ordered from your nearest bookstore or online. ISBN: 9780798178518 Recommended retail price: R160,00

  • Elizabeth Wasserman gesels met Radio Helderberg

    22/11/2018 Duration: 10min

    Elizabeth Wasserman het met Radio Helderberg oor haar nuwe boek, Elf dae op 'n eiland, gesels.

  • Marianna Brandt gesels met Radio Helderberg

    22/11/2018 Duration: 08min

    Marianna Brandt het met Radio Helderberg oor haar gewilde Emma-reeks gesels.

page 6 from 8