Invia Gemeente

Informações:

Synopsis

InVia is a contemplative community based in Cape Town and Stellenbosch. We passionate about the journey of transformation in wholeness.

Episodes

  • Die Vry Wat Vry Is deur Frieda van den Heever

    31/07/2023 Duration: 18min

    "Ware vryheid is nie – die Engels sê dit in hierdie geval beter – freedom of choice nie; dis freedom from choice. "

  • god of God?... Gewaarwording deur Theo Geyser

    25/07/2023 Duration: 15min

    "Die ervaring van sien en word in die Bybel gaan nie soseer oor wilskrag of gedagte beheer nie, maar oor ‘n diep ontmoeting met God. Daarom is die woord 'kyk' prominent in enige ontmoeting met God."

  • Die Bly Wat Bly deur Frieda van den Heever

    17/07/2023 Duration: 24min

    "Blydskap is nie ligte musiek nie. Dis hoe God klink. Dis Jesus se legacy volgens Johannes 15:11. Dis ‘n ernstige besigheid."

  • Die Wysheid Om Goeie Keuses Te Maak deur Theo Geyser

    10/07/2023 Duration: 24min

    "Wysheid gaan nie oor intellektuele insigte of ‘n dieper verstaan van die lewe nie, dit gaan oor ‘n verstaan van hoe God teenwoordig is op hierdie aarde en hoe ek moet lewe."

  • Sin sonder 'n volpunt deur Deon Meiring

    03/07/2023 Duration: 21min

    “Beginning is difficult, and our procrastination is a fine, ever-present measure of our reluctance to take that first close-in, courageous step in reclaiming our happiness. Perhaps, because taking a new step always leads to a kind of radical internal simplification, where, suddenly, very large parts of us, parts of us we have kept gainfully employed for years, parts of us still rehearsing the old complicated story, are suddenly out of a job. There occurs in effect, a form of internal corporate downsizing, where the parts of us too afraid to participate or having nothing now to offer, are let go, with all of the accompanying death-like trauma, and where the very last fight occurs, a rear guard disbelief that this new, less complicated self, and this very simple step, is all that is needed for the new possibilities ahead. It is always hard to believe that the courageous step is so close to us, that it is closer than we ever could imagine, that in fact, we already know what it is, and that the step is simpler,

  • Wat Sy Kon, Toe Sy Kon deur Frieda van den Heever

    26/06/2023 Duration: 23min

    "Jesus se goedkeuring, of stempel van genoegdoening aan die vrou van Betanië, staan lynreg teenoor die mense se verontwaardiging. Die gebeurtenis staan ook net mooi tussen die owerpriesters se plan om Jesus gevange te neem en Judas se plan om Jesus te verraai. 'n Stukkie skoonheid tussen wraak en gierigheid. Behalwe dat Jesus se eie mense uitvaar teen haar en haar balsem... Wat mis hulle? Wat mis ons?..."

  • Afwesig Of Teenwoordig?: Gevaarlike Pa's deur Theo Geyser

    19/06/2023 Duration: 23min

    Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune.' - Lukas 15:31

  • Die Reuk Van Reën deur Frieda van den Heever

    12/06/2023 Duration: 20min

    "Die “reuk van reën” is nie net ‘n oerinstink wat in ons agtergebly het omdat dit dui op oor-lewing nie; dis die verlange in ons om werklik ‘n lewendige lewe te leef."

  • "Wees dan...opreg soos die duiwe" deur Theo Geyser

    05/06/2023 Duration: 25min

    Die Heilige Gees word soms as 'n duif voorgestel. Jesus beskryf ook die innerlike kwaliteit van hierdie simbool: "Wees opreg soos duiwe..." Matt. 10:16. Die woord opreg, "sincerus", beteken "without wax". Dit was 'n kunsterm waar gebreekte kuns vinnig met was reggemaak is en dan verkoop word. Indien jy sou wou koop, sal jy dan vra: "Is hierdie stuk sonder was of "genuine"?" Indien die stuk glad nie oorspronklik is nie, word daar in kuns verwys na 'n kopie, replika, rekonstruksie of skaal model...

  • Wanneer jy VUUR steel... Pinkster deur Theo Geyser

    29/05/2023 Duration: 33min

    "God se wet of woorde kan die vuur in ons harte oopbreek. Handelinge 2 leer ons dat God daardie vuur gee en ons dit by niemand hoef te steel of namaaksel van die vuur te probeer leef nie"... Welkom by ons In Gemeen aanlyn program.

  • Verandering is nie 'n vakansie nie deur Frieda van den Heever

    22/05/2023 Duration: 18min

    "Dié van ons wat dit weet, wéét dit (soms op 7, soms op 70 eers): verandering is onvermydelik … niks hou vir ewig nie … this too shall pass … en ons wil dit glo vir die moeilike tye, maar nie vir die lekker tye wanneer alles glad en standvastig en “onder beheer” en plesierig is nie."

  • Soos ‘n krygsman…soos ‘n vrou in kraam deur Frieda van den Heever

    15/05/2023 Duration: 19min

    "Soos ‘n vrou wat in kraam is, is God besig om ‘n einde te maak aan sy volk se stilte en om ‘n kreatiewe krag te ontketen wat die wêreld gaan verander"...

  • Droom weer... met Nuwe Vlerke deur Theo Geyser

    08/05/2023 Duration: 16min

    ''What you dream alone remains a dream, what you dream with others can become a reality.'' - Edward Schillebeeckx

  • Droom weer... Wat word van my drome as ek wakker word? deur Deon Meiring

    02/05/2023 Duration: 20min

    "The worst mistake that you can make is to think that you are alive when really you're asleep in life's waiting room." – Guy Forsyth, Waking Life

  • Droom weer... Wat jy kan beplan is te nou vir jou deur Frieda van den Heever

    24/04/2023 Duration: 18min

    "As God lankal klaar sy plannetjies gemaak het, hoekom sou ons dan nog na Hom moes soek, vra, bid. Hoekom sou Hy na ons luister? Want die God van Israel se meganisme was nog altyd Liefde..."

  • Droom weer oor onskuld... deur Theo Geyser

    17/04/2023 Duration: 14min

    "Die dissipels moes weer droom na die kruisiging. Hulle het van 'n ander koninkryk en Jesus gedroom as wat God aan hulle wou voorstel. Die goeie nuus na die opstanding was dat hulle weer begin droom het, en die keer is dit ongelooflik mooi en net soveel groter! Ons lewe is ook nie anders as die dissipels nie."

  • Liefde is die oog!... Opstandingsondag deur Frieda van den Heever

    10/04/2023 Duration: 16min

    "Jesus het nie gekies om te sterf nie. Jesus het gekies om aan te hou liefhê en dit het gelei tot sy dood. Liefde was die krag agter sy dood én sy opstanding. Die dood kan nie die liefde verteer nie. "...

  • Geskeur... Goeie Vrydag deur Theo Geyser

    10/04/2023 Duration: 19min

    "Ons kan nie praat van die dood van Jesus as ons nie praat oor sy lewe nie. Alles wat aan die kruis gebeur het, het reeds voor dit in sy lewe gebeur. Soms praat ons oor die kruis wat sy lewe voor die kruis heeltemal uitsluit. Dit hoor jy gereeld onder Christene. Dan is die boodskap van hierdie dag ‘n morele transaksie wat jou hemel toe neem en ongelukkig belowe hierdie dag vir ander mense wat nie 'n transaksie het nie, die hel."

  • Ontwapen... Palm Sondag deur Francois van der Merwe

    03/04/2023 Duration: 19min

    "No one needs a stallion for a journey with crucifixion at its end. For this purpose, a donkey is perfectly fine.” - Eleanor Trump

  • Hoe sê ek 'JA' wanneer my planne nie uitwerk nie?... met Frieda van den Heever

    27/03/2023 Duration: 17min

    "Hoe sê ek JA vir 'n lewe wat ek nie gekies het nie? Om JA te sê voel soms amper soos verraad teen die lewe wat ek geken het. Dis ‘n hartverskeurende keuse om elke dag opnuut te maak. En tog, om NEE te sê is erger. Om NEE te sê vir die lewe as die lewe nie uitwerk soos ek beplan het nie, is om JA te sê vir verwyt. Die woord “resentment” kom van die Frans: re (weer) en die Latynse sentire (om te voel). Met ander woorde, om oor en oor te voel. Om dieselfde ding weer en weer te voel. As my klophart ‘n kliphart word, as my sagte hart versteen, as gevoelens nie deur my beweeg nie, maar gaan vassit."

page 3 from 25