Nb Publishers

Onderhoud met Marzanne Leroux-van Der Boon op PEFM 87.6

Informações:

Synopsis

Luister hier na Marzanne Leroux-van Der Boon se onderhoud met Elaine op PEFM op 23 Mei 2018. Ter wille van die vaders is die jongste roman in die bekende Israel-reeks deur Marzanne Leroux-van Der Boon. In die 10de boek in die Israel-reeks kry Henok ’n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat Re’uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is. Nou beskikbaar! Ter wille van die vaders (Zechut Avot) deur Marzanne Leroux-van Der Boon ISBN: 9780796320841 Prys: R220,00 (Onderhewig aan verandering)