Nb Publishers

Elizbè Van der Colff gesels oor Nina en die crazy klere

Informações:

Synopsis

Elizbè Van der Colff het met Johann Myburgh oor haar nuwe boek op Radio Helderberg gesels. In die boek woon Nina en Jessie die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg ...