Nb Publishers

Adriaan Blom op Radio Helderberg

Informações:

Synopsis

Die dinamiese ma-en-seun-skryfspan agter Blits: Perlemoendiewe is terug met Blits 2: Operasie Hoërskool! Medeskrywer Adriaan Blom gesels met Radio Helderberg oor dié opwindende nuwe boek. In Blits 2 is Hannes en Zander in Graad 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap gaan ly onder al die druk van aanpas in die nuwe skool. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe 'n nuwe vriend hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig is Melkbosstrand die beste plek om te bly, want wat is nou beter as ’n lekker surf-sessie wanneer die lewe druk? Bestel Blits 2 deur Adriaan Blom en Nadine Blom by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624084075, Uitgewersprys R170).