Nb Publishers

Carla van der Spuy gesels oor Liefde Agter Tralies

Informações:

Synopsis

RSG se Lizelle De Bruin gesels met topverkoperskrywer Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies. In hierdie nuwe boek gesels Carla met mense wat liefde vind en aan die lewe hou, al is een of albei agter tralies. Sy gaan klop ook aan by kenners soos forensiese sielkundiges, en kyk na die motiewe en denke wat sulke verhoudings dryf. Hoekom raak mense passievol verlief op bewese misdadigers? Daar is paartjies wat van die buitengewone suksesverhale is, en selfs ’n vrou wat haar man, wat as pedofiel gevonnis is, bystaan. Daar is baie vrae wat opkom in verband met sulke verhoudings, en Carla bekyk hulle met insig en empatie. Bestel Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087007, Uitgewersprys R265).