Nb Publishers

Nic de Jager lees voor uit Jaco Kirsten se Nadraai

Informações:

Synopsis

Luister hier na Nic de Jager se voorlesing uit Nadraai deur Jaco Kirsten. Gister is dalk anders as wat jy onthou. Rocco de Witt is ’n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei ’n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies. Maar dan maak ’n ou weermagvriend uit die bloute sy opwagting en Rocco se bestaan word op sy kop gekeer. Want wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur toe hy ’n jong luitenant was? Hy is ernstig gewond tydens ’n operasie teen Swapo en het sy bewussyn verloor. Sedertdien kon hy nog nooit presies onthou wat dié voorval voorafgegaan het nie . . . Daardie herinneringe kom nou terug, met byna ondenkbare implikasies. En op ’n dag laat die buurman van Rocco se wegvlugplekkie in die Tankwa-Karoo hom boonop weet dat vreemde dinge dáár aan die gang is. Daar op die plaas Nadraai. Bestel Nadraai deur Jaco Kirsten by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087830, R290).