Nb Publishers

Madré Marais lees voor uit Luistervink

Informações:

Synopsis

Die skrywer Madré Marais lees 'n verhaal voor uit haar versameling kortverhale, Luistervink. Luistervink is 'n verrassende kortverhaaldebuut deur 'n jong skrywer van Bloemfontein. Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral t.o.v. karakter en perspektief. Hoogtepunte sluit in “Brandoffer” (briewe aan 'n ma), “Sinker” (oor 'n seun wat op die rand van 'n damwal huiwer) en “Driehonderd-vyf-en-sestig en 'n kwart” oor 'n jong vrou en man wat in die bad lê en oor die lewe tob. Die bundel word baie hoog aangeskryf deur lesers. Bestel Luistervink by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer besonderhede: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180887