Nb Publishers

Dana Snyman gesels oor Soekmekaar

Informações:

Synopsis

Luister hier na Johannes de Villiers se gesprek met Dana Snyman by Toyota US Woordfees 2020. Dana Snyman se boek Soekmekaar kan by jou naaste boekwinkel of aanlyn bestel word: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624088660 Soekmekaar is ’n stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n 40ste skoolreünie, van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche tot die Bogosi-gesin wat by hom gewoon het op Jacobsbaai. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in ons land; hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Johannes de Villiers, skrywer van Kalmte in die malle gejaag en Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe, vra hom uit.