Nb Publishers

Erns Grundling gesels oor Japan en sy boek Sushi en shosholoza

Informações:

Synopsis

In 2018 reis Erns Grundling om ’n nuwe Elders-reeks te verfilm, dié slag oor die land van die opkomende son, Japan – ook die plek waar die Rugbywêreldbeker 2019 sou plaasvind. Luister hier na Johann Symington (pas terug ná 6 jaar van predikant-wees in Japan!) se gesprek met Erns by die Toyota US Woordfees 2020. Sushi en shosholoza is Erns Grundling se verslag van soesji op ’n rugbypawiljoen, ’n onverwagse ontmoeting met oud-All Black Dan Carter, kuier in ’n katkafee en staptogte in ’n bra vreemde wêreld vir ’n outjie van Uitenhage. Bestel Sushi en shosholoza by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer oor die boek: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802102