Nb Publishers

Human & Rousseau-boekgesprek: Jonathan Amid in gesprek met Hannes Barnard oor Die wet van Gauteng

Informações:

Synopsis

Luister in die jongste episode van ons podsending na Jonathan Amid se gesprek met Hannes Barnard oor sy aksiebelaaide spanningsroman, Die wet van Gauteng. Waaroor gaan Die wet van Gauteng? Kaptein Cindie McKelly, ’n forensiese spesialis van Randfontein Polisiestasie, word een oggend in Februarie na ’n misdaadtoneel in Kagiso ontbied. Daar vind sy die oorskot van drie slagoffers in ’n verwaarloosde klinkersteenhuis: Twee Somaliese vroue en een Suid-Afrikaner – laasgenoemde met ’n koeëlronde gat waar sy linkeroog behoort te wees. Vroeg April ontvang Cindie ’n oproep van kaptein Awande Mhlanga, speurder in Parktown, oor drie moorde wat blykbaar ooreenstem met haar eie ondersoek. En ’n paar dae later vind hulle nóg ’n slagoffer met dieselfde modus operandi, op Muldersdrift. ’n Taakmag word saamgestel om die Oogarts, soos die media na die skerpskutter verwys, vas te trek. Ten spyte van ’n onbekwame brigadier en ewig krimpende begrotings, begin Cindie en Awande geleidelik ’n komplekse netwerk ontrafel wat staat