Invia Gemeente

Die Vier Evangelies: Matteus deur Pierre Du Plessis

Informações:

Synopsis

Jesus in Matteus is die leraar, die ‘teacher’ en soos ‘n goeie leraar wys Hy hoe die koningkryk van God lyk, Hy leef dit, en daarna praat Hy daaroor. Die struktuur van Matteus is in vyf sulke dele opgedeel soos die vyf boeke van Moses, of die Torah, in die Ou Testament. Jesus demonstreer en leer vyf keer in die evangelie die dissipels hoe om in God se nuwe ‘onderstebo’ wêreld te leef. Jesus leer hulle wel meer as kennis, maar toegepaste kennis, die kuns van lewe, met ander woorde: Hy leer hulle wysheid.