Invia Gemeente

Hoe sê ek 'JA' wanneer my planne nie uitwerk nie?... met Frieda van den Heever

Informações:

Synopsis

"Hoe sê ek JA vir 'n lewe wat ek nie gekies het nie? Om JA te sê voel soms amper soos verraad teen die lewe wat ek geken het. Dis ‘n hartverskeurende keuse om elke dag opnuut te maak. En tog, om NEE te sê is erger. Om NEE te sê vir die lewe as die lewe nie uitwerk soos ek beplan het nie, is om JA te sê vir verwyt. Die woord “resentment” kom van die Frans: re (weer) en die Latynse sentire (om te voel). Met ander woorde, om oor en oor te voel. Om dieselfde ding weer en weer te voel. As my klophart ‘n kliphart word, as my sagte hart versteen, as gevoelens nie deur my beweeg nie, maar gaan vassit."